1 - 3 Maart 2018

Gesinsgenot - Te kies en te Keur

Dankie

’n Woord vanaf die Skou Komitee

Dis met groot opgewondenheid dat die Ermelo Skou Komitee aankondig dat ons weereens die Ermelo Hoëveld LandbouFees gaan aanbied 1 - 3 Maart 2018.

2018 se Hoëveld LandbouFees beloof om ‘n hoogtepunt op jou kalender te wees.

Willie Jacobsz is nou vir die 4de opeenvolgende jaar in die voorsitterstoel maar hy is reeds 16 jaar aktief betrokke by die jaarlikse skou. Willie is self ‘n boer en daarom lê die landbou afdeling van die skou hom baie na aan die hart.

“Ek wil graag elkeen persoonlik uitnooi om ‘n besonderse skou saam ons te beleef. Met ‘n daaglikse arena program van 09h00 to 22h00 is daar vermaak vir jonk en oud. Soggens word daar kindervermaak aangebied en die res van die dag word die verhoog deur ‘n magdom kunstenaars beman.

Verdere vermaak en kykgenot sal op ‘n later stadium bekend gemaak word.”

Enige individu en / of besigheid wat graag betrokke wil raak by die feesreëlings kan gerus by die skou kantoor inloer vir meer inligting. Die Skou Dagbestuur bedank die komiteelede sowel as al die borge wat al vroegtydig ingetree het met harde werk en toewyding om te verseker dat hierdie komende fees ‘n groot sukses sal wees. 

Berdine - 071 691 7747

Maylene - 079 202 4361

T - 017 819 7207

F - 086 618 0962

hoeveldskou@gmail.com